March 2024
M T W T F S S
« Sep    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Wat’s Nuut?

Tuisblad

 


Met sy besondere lengte en diepte van lyf en lang sterk bene, produseer die Merino Landskaap ‘n swaar karkasgewig op enige markbare ouderdom.  Dit is ‘n skaap met ‘n groot raamwerk, goeie stap vermoë, goeie wei vermoë, goed aangepas onder sowel ekstensiewe as intensiewe toestande met ‘n hoë vrugbaarheid, goeie moedereienskappe, hoë melkproduksie en goeie wol. Die mikron telling wissel tussen 22 en 28.  Dit is ‘n suiwer wit wol wat goed in die handel aanvaar word en kan met vertroue in kruisteling met ander wolrasse gebruik word. Merino Landskaap ooie het baie melk en is buitengewoon goeie moeders.  Met goeie voeding is die ooi in staat om die groot persentasie twee- en drielinge goed groot te maak sonder enige melk aanvullings.  Met drie lamseisoene elke twee jaar kan die lam persentasie tot 200% wees.  Die klein lam by geboorte met sy vinnige gewigstoename maak dit vir die Merino Landskaap moontlik om met welsae met enige ras gekruis te word.  Om lammers van die veld af te bemark is ‘n algemene praktyk.Die Merino Landskaap is bekend vir sy groot raam en sy vermoë om ‘n karkas te produseer met relatief min vet wat goed oor die karkas versprei is.  As gevolg van die lengte van die skaap is daar ‘n hele paar ekstra rugtjops – die duurste snit in ‘n skaap.Die Merino Landskaap met sy goeie dubbeldoel eienskappe verleen hom by uitstek tot vleis- en wolproduksie ……. die twee vernaamste inkomste bronne.

 

Random Pics