August 2014
M T W T F S S
« Sep    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Wat’s Nuut?

Oorsprong

GESKIEDKUNDIGE OORSIG VAN DIE MERINO LANDSKAAP

Die Merino Landskaap het reeds sy ontstaan in die 13de en 14de eeu in Duitsland gehad. Met die invoer van Merino’s uit Spanje en die Ramboelie uit Frankryk in die 18de eeu is die dubbeldoel eienskappe van die ras vasgelê en is sedertien geteel vir die huidige geno- en fenotipiese eienskappe.

In sekere dele van Duitsland verteenwoordig die Merino Landskaap tot 90% van die skaapbevolking en oor 60% van die totale skaapbevolking van die land. Die ras het homself bewys in ‘n hele reeks lande sowel as in Suid-Afrika.

In 1956 is die eerste Merino Landskaap vanaf Duitsland ingevoer deur ‘n mnr C van der Merwe van Kroonstad. Die grootte van die diere het baie mense na hulle asems laat snak en ‘n hele reeks invoere het gevolg.

‘n Groep boere is so geïmponeer deur die aanpasbaarheid van die ras dat hulle dadelik 5 ramme en 50 ooie ingevoer het. Invoerpryse was as volg: DM 310 per ram en DM 72 per ooi. (1997 waarde = Ram – R863.27 Ooi – R200.51) Die groep boere was Mnre JL Rautenbach, HJ Geldenhuys en RL du Plessis.

In 1958 affilieer die Merino Landskaap by S A Stamboek en word as ‘n Genootskap gevestig. Die eerste sekretaris was mnr C van der Merwe van Kroonstad.

Nog invoere het gevolg en so het die Genootskap uitgebrei en al groter geword. In 1986 voel die Raad dat hul alle bande met die Merino wil verbreek en staan net bekend as die Landskaap Genootskap van S.A. tot die naam weer in 1990 terug verander is na die Merino Landskaap.