October 2019
M T W T F S S
« Sep    
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Wat’s Nuut?

Veilings ~ Auctions

MERINO LANDSKAAP NASIONALE VEILING 2019

Die Merino Landskaap Genootskap het op Woensdag, 14 Augustus hul Nasionale Veiling in Bloemfontein aangebied.
32 Stoetramme is verkoop vir ‘n gemiddeld van R13 453 met die hoogste prys van R60 000 wat vir ‘n ram van Dutwa Boerdery betaal is. Hierdie is ‘n nuwe rekord prys vir die Merino Landskaap Genootskap. Daar is 6 kudde ramme verkoop vir gemiddeld R5 666.   BKB was die afslaer van die veiling.
Op die foto ingesluit hierby verskyn as volg:
Danie Strauss (afslaer, BKB), Charné en Jan du Toit van Dutwa Boerdery, Mortimer (verkopers) en Bok van Zyl en Theunie Theunissen van Bethlehem (kopers)  Die vashouer is Lonwabu Helesi.

Maksi Merino Landskaap 10e Produksie VeilingDie Negende Maksi Merino Landskaap Produksie Veiling is op 9 Februarie gehou op die plaas Verdeeld van Dirk du Plessis in die Koppies distrik.

Die Maksi Produksie groep wat hierdie jaar bestaan het uit Ben du Plessis, Dirk du Plessis, Callie Bothma, Abrie en Pieter Small, Jaap Erasmus, Naas Rautenbach, Hardus Vermaak, Hentie Boardman en Willie van Niekerk het op 9 Februarie die 10e Maksi Veiling aangebied.   49 Stoet ooie is verkoop vir ‘n gemiddelde prys van R6 311 met die hoogste prys van R15 500 vir ‘n ooi gekoop deur Naas Rautenbach van Standerton.  Hierdie was ook ‘n rekord prys vir ooie by die Genootskap28 Stoet ramme is verkoop vir ‘n gemiddelde prys van R13 178 met die hoogste prys van R22 000 gekoop deur André Stapelberg van Boksburg.  10 Kudde ramme is verkoop vir gemiddeld R10 500 met die hoogste prys van R12 500.  143 Kommersiële ooie is verkoop vir gemiddeld R4 143 met die hoogste prys van R5 250.  Die Afslaer op die dag was BKB Louwid.